JONK is ‘n bediening binne NG Gemeente Jeffreysbaai, wat gefokus is om met jongmense tussen die ouderdomme van 2 tot 30 te werk. Ons het verskillende fokusgroepe waarby verkillende ouderdomme sal inskakel. Jy word uitgenooi om betrokke te raak by hierdie groepe en bedieninge.
Indien jy enige vrae het oor enigiets, kontak Ds Nardus Greyling 084 240 4111 of Hessie van der Watt 081 271 3404

Tjokkers (van die doeke af tot voorskool)

Kleuters en peuters groei geestelik saam gedurende die Gesinsdiens op Sondae om 09:00 in die Kompleks. Ons leer speel-speel dat ek met my hele lyfie die Here kan loof. Indien jou kleuter weetgierig en woelig is, sluit gerus by ons aan. Almal gaan eers saam Gesinsdiens toe sodat ons ook saam in die kerk kan wees en dan word daar tydens die diens vir alle Tjokkers geleentheid gegee om na die Hoeklokaal te beweeg.
Daar is ook tafeltjies met ’n verskeidenheid van stil aktiwiteite in die kerk spesiaal vir kinders en ouers wat verkies om saam die Gesinsdiens by te woon.
Ons het ‘n lekker nuwe Kinderbybel waardeur ons werk en uitsien om die Woord van God ook met ons kinders te deel. Die aanbiedinge is verhalend met baie aktiwiteite om die Tjokkers te help om ‘n lewendige belangstelling in God se Woord te ontwikkel.
Alle mamma’s en pappa’s is natuurlik welkom om ook te kom help om hierdie belangstelling in hulle kinders ook te prikkel.

Vir verdere inligting skakel Este-Marie by 083 287 4378

Bekkies (Graad 1-6)

Bekkies en Tjokkers neem deel aan die votum, seëngroet en lofprysing tydens die Gesinsdiens om 09:00 in die Kompleks. Daarna verdaag die Bekkies na die JONK-lokaal.

Die Bekkies se erediens fokus op spesifieke ontwikkelingsfases, wat hulle leer wat dit beteken om deel te wees van ‘n erediens en waar ons ook fokus op ‘n liturgie wat hulle nie vervreem van ‘n basiese verloop van eredienste nie. Na die diens verdaag hulle in kleingroepe saam met hul mentors terwyl die Gesinsdiens steeds besig is. Die Bekkies sal tussen 15/30 minute na die afloop van die Gesinsdiens klaarmaak.

Vir verdere inligting skakel Hessie van der Watt by 081 271 3404

JONK erediens en Baanbrekers (Graad 7-11)

Ons is baie opgewonde oor die JONK erediens wat Sondae 17:30 in die Kompleks plaasvind. Ons fokus is op Jongmense en enigeen wat Jonk van Gees is. Kom delf saam met ons in God se Woord en kom maak Sy naam groot tydens die Lofprysing (Worship). Na die diens beweeg die Baanbrekers na hulle kleingroepe waar hulle verder gesels oor die diens, verhouding bou en van God leer.

Ouers is ook welkom en daar is lekker koffie in die Sysaal terwyl julle wag vir die jongmense.

Sien jou daar!