SNAPSCAN

Snapcode

Hoe betaal ek met SnapScan?

Laai eers die toepassing (app) af soos hieronder verduidelik. Maak die SnapScan app oop en tik op  “scan”. Hou dan bloot jou slimfoon se kamera oor die unieke NG Hartenbos SnapCode (‘n QR-kode, of vierkantige barcode) vertoon in die aankondiginge- bulletin of op ons webblad, in die kerkportaal, op die kerkkalender ens. om te skandeer.

Die app identifiseer NG Hartenbos outomaties en vra jou om die bedrag te verskaf wat jy wil oorbetaal. – vul asb ook die beskrywing van die inbetaling in die aangeduide plek (dankfees, omgeebydrae, uitreikdonasie, dankoffer ens.).

Jy verskaf dan jou unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig en te voltooi. Die kerk sal dan ‘n kennisgewing ontvang via SMS en e-pos dat die betaling gemaak is.

Hoe laai ek die toepassing (app) af om SnapScan te gebruik?

Soek jou selfoon se App Store vir die SnapScan inligting, of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za tuisblad vir skakels na die Apple Store, Google Play en Blackberry World platforms.