HOE RY JY DIE MAKLIKSTE EN VINNIGSTE NA ONS TOE?

VANAF PORT ELIZABETH

Volg die N2 tot oor die Gamtoosbrug. Moenie net daarna by die Jeffreysbaai-Oos/Mondplaas afrit afdraai nie. Na daardie afrit ry nog ongeveer 13 km met die N2 in die rigting van Kaapstad en draai dan by die Jeffreysbaai afrit links af see se kant toe.

VANAF DIE KAAP

Volg die N2 tot omtrent 10 km anderkant Humansdorp en draai dan by die Jeffrysbaai afrit regs af see se kant toe.

Omtrent 2 KM vanaf die N2-afrit, kry jy ń kruising met die R102.

Om by die KOMPLEKS uit te kom draai jy dan LINKS.

Kompleks in Wavecrest

  • By die kruising draai links met die R102 en ry omtrent 1km.
  • Draai regs in Jacarandastraat (Wavecrest naambord) tot by ‘n T-aansluiting.
  • Draai links in Seetuinweg en ry omtrent 350m tot by die eerste teerpad regs – dit is Waratahstraat (geen naambord, maar ‘n bordjie wat wys na NG Kerk).
  • Ry weer omtrent 300m tot die eerste straat regs (Olienhoutstraat – geen naambord).
  • Draai regs in Olienhoutstraat en na 100m is die Kompleks aan jou linkerkant op die hoek van Torchwoodlaan.
  • Ko-ördinate: 34°01’27.4″S+24°54’53.7″E

Kerk en Kerksaal

Om by die KERK EN KERKSAAL uit te kom HOU REGUIT AAN

  • Draai links in De Reygerstraat onmiddellik na die swaai.
  • Ry omtrent 200m af na die verkeerslig en draai links in Da Gamaweg.
  • Die Kerk en Kerksaal is 100m verder aan jou regterkant.
  • Ko-ördinate: 34°02’53.8″S+24°55’25.8″E/@-34.0482805,24.9216473,17

Paradysstrandsaal

  • Ry by De Reygerstraat verby tot by die tweede vierrigtingstopstraat.
  • Draai regs in Woltemadestraat en na omtrent 1km vertak die pad links na Astonbaai/Paradysstrand.
  • Volg die pad verby die Tokyo Sexwale woonbuurt en die afdraai links na Marina Martinique, tot in Astonbaai.
  • Volg die pad verby die Tokyo Sexwale woonbuurt en die afdraai links na Marina Martinique, tot in Astonbaai.
  • Hou aan met die pad deur Astonbaai tot by die drierigtingstop.
  • Draai regs in Swanweg en ry oor die laagwaterbrug tot in Paradysstrand.
  • Volg die pad tot by die T-aansluiting en draai links in Immergroenstraat en onmiddellik daarna regs in Johan Muller Boulevard.
  • Ry tot by die eerste stopstraat. Die NG Kerksaal is aan die regterkant.
  • Ko-ördinate: 34°05’30.4″S+24°53’40.0″E/@-34.0917835,24.8922693,17

© Copyright - NG Gemeente Jeffreysbaai | Website design and hosting by PortKey