Geestelike, emosionele en praktiese ondersteuning aan iemand wat Covid positief getoets het.

Laai riglyne hier af > Ondersteuning aan Covid Positiewe persone

Gemeente aktiwiteite in vlak 3

Dienste: Op hierdie staium het ons uitsaai dienste by Tapas Sondae 09:00 asook digitale dienste Sondae op Youtube

Daar word ook daaglikse boodskappe uitgestuur wat op hierdie stadium aansluit by die eenjaar Bybel..

Pastoraat geskied op hierdie stadium by wyse van telefoon, zoom of in ernstige gevalle met besoeke.

Daar word ook mense gehelp wat regtig voedselnood het.  Baie dankie vir almal wat in dié tyd help.

Troues is slegs in baie klein fomraat moontlik vir die epaar en 2-4 getuies, nie meer as 10 mense nie.

Vir begrafnisse en doop, sien ons webblad of kontak Attelie by die kantoor by 0422962451.

Ons glo dat hierdie uitdaging ’n geleentheid is om dieper te groei in ons verhouding met God, mekaar en ander.

Ons sal so goed as moontlik met die hele gemeente kommunikeer rondom die effektiewe voortsit van die bediening en ondersteuning aan lidmate.

Kleingroepe hou kontak met mekaar via WhatsApp boodskappe, SMS, Microsoft Teams, Skype & Zoom, aangesien op vlak 3 geestelike byeenkomste nie toelaatbaar is nie.

Dankie aan elkeen wat hierdie tyd as ’n tyd van verdieping en toewyding inspan.

DANKOFFERS:

Tydens hierdie tyd van isolasie wil ons jou vriendelik versoek om steeds jou dankoffer en kollekte getrou te gee.

Jy kan op die volgende manier bydra:

  • EFT (NG Gemeente Jeffreysbaai, Absa, Tjek, 5170145625)
  • Snapscan
  • Posbus by die kompleks
  • Of kontak die kantoor, jou groep leier of herder vir inligting.

Jou getroue bydra help die gemeente om ’n verskil te maak!

JONK:

In die tyd van ‘lockdown’ kan ons natuurlik nie voortgaan soos normaal nie. Jongmense word wel bedien. Hoofsaaklik sluit ons vir nou aan by Imagine se program wat jongmense uitdaag om geestelik te groei en ook tyd met die Here te spandeer. Verder bedien ons jongmense deur Zoom gesprekke ,Live streaming dienste,   WhatsApp en ook lekker uitdagings wat in verskeie groepe plaasvind. 

Indien daar enige vrae is van jongmense in die tyd kan julle vir ds Nardus Greyling kontak by 084 240 4111.

Lees meer

BEKKIES EN TJOKKERS:

Bekkies en tjokkers word op groepe en dmv Zoom bedien deur n span mentors. Kategese materiaal is digitaal beskikbaar.

Daar is ook ondersteuning en hulp groepe waar ouers kan aanklop. Hessie as jeugwerker kan gekontak word.

BID OOK IN DIE TYD VIR ONS SENDELINGE

Dit bly ‘n uitdagende tyd met vlugte, vervoer, permitte, medies, sterftes en inkomste

Lees meer

KURSUSSE en BEDIENINGS GELEENTHEDE:

Kommunikasie sal volg.

DANKFEES:

Ons hou duim vas dat isolasie verby sal wees teen 29 MEI WANNEER ONS DANKFEES IS..

Kontak Lydia vir navrae.

 

PRAKTIESE RIGLYNE OM INFEKSIE TE VOORKOM

As geloofsgemeenskap het ons ‘n spesiale roeping om ons mede-gemeentelede en ander te versorg en die gemeenskap te ondersteun in hierdie tyd. As ons voorbereid is, is ons in ‘n beter posisie om ander te help. Kom ons maak van die probleem ‘n geleentheid om hoop te bring en werklik ‘n verskil te maak!

Goeie higiëne help baie om die verspreiding van die Korona virus te beperk, maar ook om verkoues en griep, te voorkom!

  • Was gereeld jou hande met seep en water vir ten minste 20 sekondes.
  • Nies of hoes in die hoek van jou elmboog of sneesdoekie, nie in jou hand nie. Was onmiddellik jou hande nadat jy gehoes, genies of neus geblaas het.
  • Moenie aan jou gesig, veral jou mond, neus en oë, raak met ongewaste hande nie.
  • Ontsmet gereeld oppervlaktes wat gereeld aangeraak word, insluitend selfone, sleutelborde, tafelblad, hysbak knoppies en deurknoppe.
  • Gebruik ‘n hand ontsmettings middel.
  • Vermy noue kontak met iemand wat siek is. Vermy handdruk en drukkies heeltemal.

SIMPTOME

Die Korona virus (CoVid-19) is ‘n respiratoriese siekte wat griep-agtige simptome veroorsaak, insluitend koors, braking en asemhalingsprobleme.

  • As jy een van hierdie simptome het, bly asb. tuis.
  • Kry mediese hulp.
  • Bel vooraf, voordat jy na ‘n dokter of ‘n noodgevalle eenheid gaan. Vertel hulle van enige onlangse reise en jou simptome.
  • Vra om deel te neem aan vergaderings via ‘n video- of telefoniese konferensies terwyl jy herstel.
  • Laat weet asb. as ons as gemeente jou kan bystaan.

Kom ons bid en werk met liefde saam om die koninkryk van God te laat kom te midde van die uitdaging.

Nuttige skakels:

Baie dankie

NG Gemeente Jeffreysbaai Predikante span