Versorging
Hierdie aspek van die bediening word mense in nood ondersteun en opgebou. Ons hoop jy sal deel raak van hierdie groot werk.
- Barmhartigheid
Hierdie span fokus op gesinne in nood, kinders by plaaslike skole asook noodverligting. - Versorgingsbehoeftes
Versorging en behandeling soos voetversorging, bloeddruk metings en ander versorging word gedoen vir beter lewenskwaliteit. - Vrouebediening (Diens)
Hierdie bediening fokus op versorging, uitreike en hulp aan vroue in Jeffreysbaai. - SOS
Hierdie bediening staan vir: Siekes, Oues van dae, Sorgbehoewendes en dit is waarop hierdie bediening fokus. - Noodspens
Hierdie bediening het ‘n groot fokus op behoeftige gesinne. Die noodspens gee maandeliks kospakkies aan gesinne. Die verspreiding van hierdie pakkies word deur gemeentelede behartig. - Ondersteuning Groepe
Hierdie bediening help met die ondersteuning van senior lidmate, alzheimersiekte en sterwens ondersteuning.