Doop

Hoe maak ek as ek my kind wil laat doop?

Die doop is nie ‘n teken van ons eie geloof in die eerste plek nie, maar eerder ‘n teken van God se ewige belofte aan ons.  Dit word ook die verbondsdoop genoem, omdat dit ‘n teken is van God se verbond (belofte) aan ons.  Die verbond is ‘n belofte wat God aan Abraham duisende jare gelede gemaak het toe God belowe het om Abraham en sy nageslag se God te wees.

Die doop is nie iets wat ons verdien nie, maar ‘n viering van die geskenk wat ons van God af kry.

Indien ouers hulle kind(ers) wil doop, laai die aansoek (sien vorm hieronder) af en stuur dit vir ons of handig dit by die kerkkantoor in .  
Ons het spesifieke Sondae uitgesit vir dope, kyk gerus op ons kalender.
 
Ouers sal ook gevra word om ‘n doopgesprek by te woon.  Die leraar wat vir die doop verantwoordelik is, sal die gesprek hanteer.