Ek is Reeks

EK IS…
Ek is gelukkig, ek is hartseer, ek is oud, ek is jonk, ek is alleen, ek is opgewonde, ek is kwaad, ek is eensaam…
Elkeen van ons het dit al gesê, elkeen van ons was al daar, ons is nie altyd op dieselfde plek nie, ons lewens en emosies verander en ons beleef seisoene.
Maar die gelowige weet: ek is nooit op ‘n plek of in ‘n situasie waar die groot EK IS afwesig is nie. Die Here het Hom so aan ons bekend gestel:

Ek is wat Ek is….
Dit is ewig my Naam, dit is die Naam waarmee Ek aangeroep moet word van geslag tot geslag. (Eksodus 3:14,15)
Oral in die wêreld waar jy kom, sal jy die “Ek is” kan raaksien, voel en erken – dit is die Lewende Here en ons wat die voorreg het om in verhouding met Hom te wees.
Ons gaan in die volgende paar weke saam ontdek  hoe Jesus ons lewe kan verander.

Jesus het gesê:

  • Ek is… die Weg, die Waarheid en die Lewe.
  • Ek is… die Lig vir die wêreld.
  • Ek is… die Ware Wingerdstok.
  • Ek is… die Brood wat lewe.
  • Ek is… die Ingang.
  • Ek is… die Goeie Herder.
  • Ek is… die Opstanding en die Lewe.
  • Ons dank en erkenning gaan aan Ds Gert Cordier, van NG Gemeente Randfontein-Noord, wat die materiaal opgestel het en die leraars van NG Gemeente Jeffreysbaai wat dit verder verwerk het.