Groepe

Omdat ons so ‘n groot (Makro) gemeente is, glo ons dat dit vir elke lidmaat belangrik is om op ‘n manier deel te wees van ‘n kleiner (Mikro) groep, waar elkeen geestelik kan groei, dieper verhoudings met medegelowiges kan hê en mekaar daar kan ondersteun.

Daar is tans verskeie aktiewe groepe in Wavecrest, Noorsekloof, Astonbaai, C-plek en Paradysstrand. Hierdie groepe kom nie net weekliks bymekaar nie, maar hulle lewer ook praktiese diens binne en buite die gemeente.

Elke jaar vanaf Julie-September fokus ons opnuut op hierdie bediening om nuwe groepe te vestig en die bestaande groepe te mobiliseer, vul en toerus.

Groei dieper in jou verhouding met God. Word deel van ‘n groep, word deel van ons familie!

Indien jy deel wil word van ‘n groep, skakel die kerkkantoor op 042 007 0375 of epos ons

Wil jy meer weet oor ons Groepebediening?