Getuienis
Die Getuienisbediening streef daarna om die NG Gemeente Jeffreysbaai te help om as gemeente aktief by alle aspekte van sending betrokke te wees.
Matteus 28:19 roep die Kerk tot evangelisasie en dissipelskap tot aan die eindes van die aarde. Ons is getrou in hierdie roeping!
“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Mat. 28:19-20
Die doelwitte van Getuienisbediening is:
- Om die Gemeente van Jeffreysbaai bewus te maak van haar gestuurdheid. (Mark. 16:15-16; Mat. 28:18-20; Hand. 1:8; Joh. 20:21)
- Om die Gemeente te help om plaaslik die evangelie prakties uit te dra en uit te leef. (1 Kron. 16:23; Ef. 6:4,15;2 Tim. 1:8 en 4:2, 1 Pet. 2:9)
- Om sendelinge te bemoedig en finansieel te ondersteun (3 Joh. 6-8)
Waar is ons betrokke?
NABYE OMGEWING
JOSHUAPROJEK
Die Joshuaprojek in Pellsrus bied ’n veilige hawe vir kwesbare kinders en kinders op straat.
MAKUKHANYE SKOOL
Op versoek, help ons met koorafrigting en blokfluitlesse en versprei jaarliks Bybels
SOPKOMBUIS IN PELLSRUS
Die SOS Projek lewer ‘n waardevolle diens om aan behoeftiges sop, brood en ander voedsel te voorsien.
VGK AFRIKAANSE GEMEENTE
As Gemeente is ons betrokke by die VGK-gemeente en ondersteun hulle soos nodig.
VGK-Xhosasprekende gemeente word ook bedien met preekbeurte wat verskeie van ons leraars en emeriti hanteer.
IN DIE OOS-KAAP
UITREIK NA TRANSKEI – NYATHI:
Daar word jaarliks gedurende die winterskoolvakansie ’n uitreik na Lusikisiki onderneem. Fokus is op Bybelverspreiding, vestiging van Bybelstudiegroepe jeugbediening, berading en vertoning van Christelike films.
IN AFRIKA
MOSAMBIEK – MUAPULA
Die Evangelie word bedien aan die Makhua-mense in Mosambiek.
Bybelvertaling Makhua-Xerima
Dr. Gerard Olivier het die hele Bybel in Makhua-Xerima reeds voltooi en hy is nou saam met hulpwerkers op Muapula besig om leiers toe te rus vir die verspreiding en verkondiging van evangelie.
DIE UITHOEKE
INDIË – CHENNAI
“Echo Of His Call” werk deur woordverkondinging, kerkplanting, bybelkor-korrespondensiekursusse in 3 tale.
Ons gemeente se uitgangspunt is dat Handelinge 1:8 ons leer om Sy getuies te wees in Jerusalem (plaaslik) sowel as in Judea (buite gemeente-grense) sowel as in Samaria (verder weg) en tot aan die uithoeke van die wêreld.
Joshua Projek
Sopkombuis in Pellsrus
Geestelike Bediening
Die Joshuaprojek in Pellsrus bied ’n veilige
hawe vir kwesbare kinders en kinders op
straat. Dit is ’n plek waar hulle liefde en ondersteuning ontvang en lewensvaardighede aanleer.
Die SOS Projek lewer ‘n waardevolle
diens om aan behoeftiges sop,
brood en ander voedsel te voorsien.
Elke Woensdag word ‘n kort oordenking gehou en voorbidding gedoen vir persoonlike behoeftes.
Daar word gereeld diens by die
kliniek gedoen.
Dit is ’n gesamentlike projek met die
sopkombuis.