Welkom by JONK

Gefokus op graad 7-12 jongmense

JONK afskop is 22 Januarie 2023 om 18:00 by die Kompleks kampus!

Wie, waar en wanneer?

JONK is NG Gemeente Jeffreysbaai se tienerbediening. Dus is ons gefokus op graad 7-12 jongmense. 

Hoofsaaklik kom die jongemense Sondae aande om 18:00 bymekaar vir kleingroepe en die JONK-diens tydens skoolkwartale.

Daar is ‘n whatsapp groep genaamd ‘JONK Kommunikasie’ wat die weeklikse inligting deurstuur. Ouers en jongmense is welkom op die groep en daardeur sal almal presies weet wat gebeur in JONK, sodat jy niks mis nie.

Kontak asseblief vir Ds Nardus (084 240 4111) om jou op die groep te plaas.

Deur die jaar is daar baie geleenthede waarby jy kan betrokke raak soos die Uitreik, mentorgroepe, kampe, ens. Volg ons op Sosiale media om seker te maak jy mis niks nie.

LIG is ons kategese program wat ons hardloop.

Vir meer inligting op LIG, kyk asb na hulle webtuiste:

       

Daar sal jy ook die app kan aflaai op jou foon.

Dit is wel belangrik om deur ons gemeente in te skryf om deel te wees van ons gemeente se program. Inskrywingsvorms kan by die kantoor afgelaai word of deur gestuur word na Ds Nardus.

Hier is die inskrywingsvorm: